Monday, April 19, 2010

Reunie!

Pen die dag in jou dagboek vas, want dit is ons beurt! Vind hiermee die lang verwagte uitnodiging na die 2010 reunie van Matrieks 2000! Kom geniet die dag saam met ons op die "skoolbanke" 10 jaar later!

PS. Verdere detail sal spoedig volg om die omvang van die dag aan julle bekend te maak, asook wat nodig is om saam te bring of nie.

Tuesday, March 2, 2010

Boodskap van Tanya



Hallo Almal

Ek is Tanya Buitendag (Nee Van Biljon). Ek bly tans in Alberton saam met my man, Marnus. Ons is op die 21ste Maart 2009 getroud. Ons het nog geen kinders nie.

Ek werk vir Super Group as 'n Operations Manager. Ek werk in Bedfordview. Ek het na skool rekenaar programmering gaan studeer. Ek het toe my beroeps keuse verander na vervoer toe en is tans besig om my B-Tech Road Transportation Management te voltooi.

Ek sien uit daarna om julle die 16de Oktober 2010 op ons matriek re-unie te sien.

Kyk mooi na julle self.

Groete

Tanya


082 788 5019

Sunday, January 24, 2010

Ja, die jaar is dit ons beurt!

Welkom groep van 2000! Tien jaar het gevlieg in 'n kwessie van 'n oogwink en ons reunie is op ons. Daar is opgelet op Facebook dat daar 'n opgewonde afwagting is vir die reunie en julle geduld sal goed beloon word.

Die hoofleier groep plus ekstra hande het 'n afskop vergadering gehad op 16 Januarie 2010 waar ons die wiele aan die rol begin kry het. Daar het 'n paar baie goeie idees voorendag gekom, maar hoekom moet ons al die voorstelle maak? Wel, dit is die rede vir hierdie blog.

Met hierdie blog wil ons graag almal betrokke maak by die beplanning proses om julle almal kans te gee waar julle voorstelle, grappies, herinneringe of selfs fotos kan laai. Ons wil graag almal se bydrae hê in hierdie reunie, want dit is tog ons almal s'n.

As julle 'n 'account' soek om op die blog te kan bydra, email my asb by dvillimo@gmail.com. Ons gaan hierdie blog gesamenlik met Facebook gebruik om julle op hoogte te hou van die verwikkelinge en reëlings. Tot dusver beplan ons om die reunie te hou in Oktober maand so hou julle dagboeke oop want dit gaan 'n absolute fees wees.

Ek wens julle almal 'n wonderlike geseënde week toe, en asb wees deel van hierdie lekker geleentheid.

Groete.
Morné en die groep.